Luister: Hoe groot is jou wil om te presteer?

Foto ter illustrasie. (Foto: Vaibhav Pixels/Unsplash)

“Prestasie, wen, sukses, produktiwiteit. Dít is waarheen hul aandag gaan.”

Só beskryf Louis Venter, kliniese terapeut, stigter van Couples Help en Enneagram-kenner, die derde persoonlikheidstipe op die Enneagram.

In die tweede episode van Maroela Media se podsendingreeks oor dié persoonlikheidsmodel, gesels Louis oor die wêreld en persoonlikheidsmotivering van tipe 3 op die Enneagram.

Die gedrag van ʼn tipe 3 kan jou herinner aan dié van ʼn tipe 1, verduidelik Louis, die verskil lê egter in die motivering. Tipe 1 neem sekere besluite en tree op wyses op weens hul behoefte om tussen reg en verkeerd te onderskei, terwyl tipe 3 so optree om hul vaardighede op te skerp en ten toon te stel, te presteer en te beïndruk.

Die boodskap wat ʼn tipe 3 vroeër in hul lewe moes hoor, is dat dit reg is om net te wees, sonder om te presteer, en dat liefde nie slegs in prestasie versteek is nie.

Louis Venter. (Foto: verskaf)

Dit is juis liefde waarna ʼn tipe 3 smag wanneer hulle lewensbesluite maak wat op ʼn soeke na prestasie dui.

ʼn Tipe 3 vermy konflik waar hulle kan, en raak soms kwaai wanneer hulle in ʼn blik gedruk voel.

Hoewel dit somtyds moeilik kan wees om diep verhoudings met die tipe 3 te bou, word hulle dikwels as die “presteerders” en “leiers” in die gemeenskap beskou.

“Hulle loop voor, droom, trek ons, bepaal die pas – ons is lief vir die drie’s!”

  • Luister boaan na die vierde episode van Maroela Media se podsendingreeks oor die Enneagram.
  • Besoek Louis se webwerf, Couples Help, hier.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petrus Albertus ·

Louis Venter was jare terug saam met my op ‘n eerstejaarskamp en hy het my sulke goeie advies gegee – wat sy Ouma weer vir hom gegee het: “Hou op ‘worry’wat ander mense van jou dink, ander mense dink nie so baie aan jou nie”. So goed om te sien Louis het so ‘n sukses gemaak van sy sagte hart vir ander mense! Welgedaan ou maat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.