Luister in 3 minute: Beurtkrag, die staatsrede en gas- en olievelde

Argieffoto

Die drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak het, is beurtkrag wat Eskom weer ingestel het, pres. Cyril Ramaphosa se tweede staatsrede en die ontdekking van gasreserwes aan die suidkus van die Kaap.

Daniel du Plessis, regsontleder by Sakeliga, neem die drie kwessies onder die loep in vandeesweek se opname van 3 sake, 3 minute.

Du Plessis sê dit is moeilik om die ekonomiese skade wat Eskom se gebrek aan kapasiteit veroorsaak te onderskat. Beurtkrag is weer Sondag ingestel en Eskom het onverwags Maandagmiddag na fase 4-beurtkrag oorgeskakel nadat daar aanvanklik net fase 2-beurtkrag vir die res van die week beplan is.

Dit volg kort op die hakke van Ramaphosa se aankondiging dat die elektrisiteitsvoorsiener reggeruk sal word met ʼn negepuntplan en Eskom daarna in drie meer gespesialiseerde maatskappy ontbondel gaan word.

  • Luister na die podsending boaan hierdie berig om Du Plessis en Sakeliga se mening oor dié sakekwessie te hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.