Luister in 3 minute: Beurtkrag, SEB en Moody’s se kredietgradering

Foto: Reint Dykema

Daniel du Plessis, regsontleder by Sakeliga, bespreek dié week Eskom se voorlopige afskaffing van beurtkrag, swart ekonomiese bemagtiging (SEB) se uitwerking op die ekonomie en Moody’s se naderende oorweging van Suid-Afrika se kredietgradering.

Volgens Eskom word geen verdere beurtkrag vir die week beplan nie, maar sal dit wel toegepas word indien absoluut nodig. Die staatinstelling skryf die afskaffing van beurtkrag toe aan verbeterde werking by sy kragstasies en die aanvulling van sy diesel- en waterreserwes, asook ʼn toename in elektrisiteitstoevoer uit die buiteland. Sakeliga waarsku egter Suid-Afrikaners moenie te gerus word nie, die elektrisiteitsnetwerk verkeer nog onder hewige druk. Eskom het gesê beurtkrag sal minstens nog die res van hierdie jaaraan die orde van die dag wees.

Sakeliga het ook sy kommer uitgespreek oor die uitwerking van SEB-regulasies wat soos ʼn net ál stywer om die plaaslike ekonomie gespan word. Die regering beoog om SEB-regulasies ál strenger toe te pas en dié sakeregtewaghond beoog om ʼn besprekingsdokument in die week oor die gevolge van SEB beskikbaar te stel.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s sal na verwagting Vrydagaand ʼn aankondiging maak oor Suid-Afrika se regeringskuld. Die moontlikheid van ʼn kredietafgradering van die enigste agentskap wat die regering se skuld op ʼn beleggingstatus het, het die markte en rand behoorlik op hol gehad.

Du Plessis neem die drie kwessies verder onder die loep in vandeesweek se opname van 3 sake, 3 minute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

nick ·

Wens Eskom wil nou heeltemal vou en klaarkry!!!! So ook SARS en al die broodnodige instansies,tyd van anargie is naby,jippeeeeeeeeeeeee!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.