Luister in 3 minute: Drie dinge wat die ekonomie kan regruk

ekonomie-finansies

Foto: Pixabay.com

Statistiek Suid-Afrika het verlede week skokkende syfers oor die land se ekonomiese groeisyfer aangekondig.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het in die lig van dié swak BBP-syfers in ʼn navorsingsnota aangedui dat hulle hul groeiverwagting vir die land se ekonomie in 2019 van 1,6% na 1% aangepas het.

Sakeliga meen dit is nou tyd dat pres. Cyril Ramaphosa se nuwe daeraad tasbare voordele vir sakeondernemings begin lewer. Die organisasie glo dit moet die opskorting van skadelike beleide, wetgewing en debatte behels en nie net nuwe ministers, nuwe kommissies of ʼn nuwe staatsdepartement nie.

Gerhard van Onselen van Sakeliga neem hierdie week se sakekwessies onder die loep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Diefie ·

Hoekom skokked? Ons weet mos alles hardloop afdraand en natuurlik word die markte gemanipuleer.

Andreas ·

Enige raad is vir Cyril en sy kaders ‘n pastei in die lug, al waarna hul luister is hul ideiologie, dan laat sak hulle weer die koppe en storm voort op pad afgrond toe.

Risko ·

Die persoon tas mis:
1. Stel BEE af;
2. Beveilig ons grense – te veel onwettige immigrante kos ons biljoene jaarliks ( moord, inbrake en vat ons eie mense se werk);
3. Onttrek uit BRICS. Al 4 ander lande pas “protectionism” toe. Hulle voer meer na ons toe uit as wat ons na hulle toe uitvoer;
4. Kry beroeps toegeruste mense in die parlement (nie politikuste). Trump het 1964 ‘n graad in Ekonomie verwerf;
5. Moet geen persoon met ‘n IK laer as 100 in die regering toe laat nie. (RSA se gemiddels is 77 – baie laag teen ander lande)

HPV ·

6. Vervolg alle staatskapers en plunderaars strafregtelik en lê beslag op hul bates.

willem Botha ·

Skrap die diskriminerende wette teen minderhede, besighede word gekortwiek deur Bee en swart bemagtiging ,dit veroorsaak werkloosheid en n sukkelende ekonomie.

Johanna Botha ·

Risko dit klink goed ! Punt 5 is egter nie moontlik nie ????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.