Luister in 3 minute: Ekonomiese verwagtinge en politieke uitlatings

mynboubedryf-mynbouhandves-steenkool

Foto: Hangela/Pixabay.com

Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, neem die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se verwagting vir Suid-Afrika se groei in die eerste kwartaal onder die loep.

Daarby bespreek Van Onselen ook Sakeliga se ondersoek na kontrakteurs se uitsluiting op grond van hul ras vir tenderaansoeke by munisipaliteite, en laastens kom politieke uitlatings wat die klimaat vir grondgrype kweek in hierdie week se 3 sake, 3 minute aan die orde.

Die buro verwag dat die ekonomiese data vir die eerste kwartaal van 2019 teleurstellend sal wees. Die verwagting is dat die ekonomiese uitsette vir dié kwartaal sal krimp en dit is veral mynbou en die vervaardigingsektor wat die swaarste getref is.

Sakeliga het verlede week aansoeke ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting op byna 280 munisipaliteite bedien. Hierdie aansoeke sal help om vas te stel tot watter mate munisipaliteite nuwe bepalings in regulasies gebruik om kontrakteurs op grond van ras by tenders uit te sluit.

Die verkiesingseisoen het nou met mening afgeskop en Suid-Afrika het reeds landswyd talle protesaksies as deel hiervan gesien. Die protesaksies in Somerset-Wes is veral kommerwekkend waar vernietiging van eiendom plaasgevind het en ʼn poging tot grondgrype plaasgevind het. In soortgelyke betoging in Booysens in die weste van Pretoria het ʼn kerk onder vandale deurgeloop.

Sakeliga meen kortsigtige uitlatings in hierdie tyd oor grond en grondeienaarskap in die algemeen skep ʼn teelaarde vir grondgrype.

Luister na die opname van 3 sake, 3 minute bo-aan hierdie berig vir ʼn verdere ontleding van hierdie drie kwessie wat die afgelope week in die nuus was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.