Luister in 3 minute: Eskom, Moody’s en Massmart word bespreek

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Eskom se posisie in die nuwe jaar lyk steeds benard en die kredietgraderingsagentskap Moody’s voorsien swak vooruitsigte vir ekonomiese groei in Afrika suid van die Sahara.

Verder het dit ook aan die lig gekom dat Massmart grootskaalse afdankings by die handelsreus verwag. Die kleinhandelsgroep gaan dalk binnekort 34 winkels sluit. Dit kan na verwagting duisende mense hul werk kos. Massmart besit winkels soos Game, Makro, Builders Warehouse, DionWired en Jumbo. Maroela Media het berig die sluitings sal veral DionWired- en Masscash-winkels beïnvloed.

Daniel du Plessis van Sakeliga is terug en bespreek dié sakekwessies in die jongste uitgawe van 3 Sake, 3 Minute. Luister na ʼn volledige uiteensetting van die drie sakekwessies bo-aan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Murtu ·

As mens so kyk na die pryse van plekke soos bv makro en builders, in verlgeleke met checkers en PnP dan verstaan ek mooi hoekom hulle gaan toemaak – HULLE IS EENVOUDIG TE DUUR.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.