Luister in 3 minute: Gelykheid, hervorming en kredietgraderings

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute, die klem wat Ramaphosa die afgelope naweek op gelykheid in sy inhuldigingstoespraak gelê het, asook wat dit vir Suid-Afrika kan beteken.

Sal die regering in die volgende vyf jaar meer duidelikheid oor hervorming kan verskaf? Van Onselen wonder of Ramaphosa en sy kabinet dieselfde sentiment oor die soort hervorming wat die land benodig as Sakeliga en dr. Frans Cronjé van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge deel.

Van Onselen sê verder terwyl die kredietgraderingsagentskap Moody’s, Suid-Afrika se staatskuld nog een vlak bo rommelstatus behou het, het dié agentskap hom sterker as ooit te vore oor die uitdagings van die plaaslike ekonomie uitgespreek. Fitch en S&P het staatskuld egter op rommelstatus behou en hy meen dit beteken die kans dat Moody’s dit ook sal doen, is steeds ʼn sterk moontlikheid, wat Ramaphosa en sy nuwe kabinet nou sal moet bestuur.

Luister na die bespreking boaan hierdie berig waar hy die drie sakekwessies verder onder die loep neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alex ·

Vryheid, gelykheid en broederskap…….. hoekom klink dit so bekend? Geskiedenis les no 6.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.