Luister in 3 minute: Grondverslag, gesondheid en emigrasie bespreek

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

In die jongste aflewering van 3 Minute, 3 Sake word terugvoer gegee oor Sakeliga se werksessie wat handel oor die presidensiële adviespaneel se grond- en landbouverslag. Die parlementêre kommentaarproses oor die nasionale gesondheidsversekering (NGV) wat binnekort aangekondig word, word bespreek en emigrasie kom ook onder die loep.

Luister na Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, se volledige uiteensetting van vandeesweek se belangrikste sakekwessies boaan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liamari ·

Waar is die unies van die duisende mense wat tans vir mediese fondse werk? Al die administrateurs van privaat hospitale wat nie seker is of hulle werk het met die intrede van die NVG in 2026 nie? Hoekom hou hulle nie optogte nie? Al die mediese fondse wat gaan sink as gevolg van die NVG? Duisende werksverliese en belasting inkomste? Die belasting koek raak by die dag kleiner, belasting betalers word gestraf en die bestes emigreer. Hoe lyk SA oor 10 jaar van nou? ‘n Ashoop soos die mense van hierdie land gaan afbrand sodra die regering nie meer toelae kan uitgee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.