Luister in 3 minute: IMF maan SA regering

IMF

Die IMF gesê Suid-Afrika sal dapper moet optree om die ekonomie die nodige hupstoot in 2018 te gee. Foto: Bnr.bg

In die jongste aflewering van 3 Minute, 3 Sake bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die kommentaartydperk op die Nasionale Gesondheidversekering (NGV) wat binnekort sluit. Hy kyk ook na die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wat die Suid-Afrikaanse regering weer oor sy finansies vermaan het en gee ook ʼn nabetragting van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se staking.

Verskeie organisasies en politieke partye het reeds beswaar teen die omstrede Wetsontwerp op die NGV aangeteken. AfriForum het onder meer die sosio-ekonomiese impakstudie oor die wetsontwerp bevraagteken en dit met goeie rede as ʼn klug bestempel.

Sakeliga is veral besorg oor die ekonomiese impak op innovasie en die aanbod van dienste. Bestaande regulasies, soos dat slegs die staat dokters mag oplei, knou reeds die sektor.

Ekonome verskil wel oor die maniere waarop mediese dienste in markte beheer moet word, maar uitlatings oor die “ongereguleerde” private mediese sektor is eenvoudig nie waar nie.

Die sektor is streng gereguleer en uiteraard beïnvloed dit die aanbod van mediese dienste. Die NGV gaan vraag opjaag en aanbod belemmer, en uiteindelik is dit ʼn kruitvat vir ʼn mediese krisis.

Die IMF het pas ʼn besoek aan Suid-Afrika afgehandel. Die IMF waarsku dat indringende stappe in die volgende vier jaar nodig is om die regering se geldsake reg te ruk en uitgawes te verminder.

Soos baie meen die IMF die benadering tot staatsondernemings moet verander, altans dat dit dringend heroorweeg moet word. Verder reken die IMF is ʼn meer besliste benadering tot hervorming nodig en dat hindernisse tot groei moet verwyder word. Wat ook duidelik is uit die IMF se terugvoer is dat sulke aanpassings eerder nou moet gebeur as later.

Die SAL-staking het tot ʼn einde gekom, maar vrae bly draal. Die betrokke vakbonde het ʼn voorwaardelike aanbod van ʼn 5,9%-verhoging aanvaar.

Tog sukkel SAL om salarisse te betaal, wat nog van ʼn terugwerkende verhoging. SAL sal beslis moet aanklop vir finansiering van bedryfsuitgawes. Dit spreek van verdere lenings of reddingsboeie.

Afleggings van werknemers is ook voorlopig uitgestel tot vroeg 2020, hoewel dit kan voortgaan onder maatskappybestuur. Intussen het Solidariteit die howe genader om SAL in sakeredding te plaas. En ons sal moet sien hoe die aansoek verloop.

  • Luister na Van Onselen se volledige uiteensetting in die jongste 3 Minute, 3 Sake bo-aan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

André-Chris ·

Betreffende die NGV, dis nogal insiggewend wat Tito Mboweni Woensdag 27 Nov 2019 in die parlement gesê het betreffende hul ideologie, en ek haal aan uit FIN24:

Finance Minister Tito Mboweni told the National Council of Provinces on Wednesday afternoon that the National Health Insurance system was the only opportunity for the SA public healthcare system to shape up – government could do much to improve healthcare now, he said.

Mboweni said he did not believe NHI should be considered the only panacea to the challenges dogging the public healthcare system.

“We don’t have to wait for NHI to be implemented to fix our public healthcare system. There are things that are within our power that can be fixed now,” Mboweni said.

Mboweni also urged MPs not to allow ideological persuasions to dictate their views around the NHI without considering the benefits it could yield for South Africans.

AfrikaanseKnaap ·

Ek dink minder as 1% van besighede wat nie een of ander bemagtigings ooreenkoms het, maak geld, laat die ekonomie groei of stel besonder baie mense in diens nie.

Tot meriete nie weer hoog op die prys gestel word in SA nie, gaan die veerdigheid nie terug gaan nie, en gaan niemand behalwe kommuniste daar bele nie.

Ons almal weet die SA regering gaan niks in die volgende 4 jaar doen nie.

Emigreer terwyl jy nog kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.