Luister in 3 minute: Minimum loon, SEB en ANC ondersoek Venezuela

venezuela-protesaksie-02

Foto: AFP Foto/Juan Barreto/Flickr.com

Die nasionale minimum loon, ʼn bekgeveg oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en die ANC se kommissie na Venezuela is die drie sakekwessies wat Daniël du Plessis, regsontleder van Sakeliga, in vandeesweek se opname van 3 sake, 3 minute ondersoek.

Die restaurantvereniging het sy misnoeë oor die nasionale minimum loon uitgespreek. Dié vereniging het gesê dit sal tot afleggings en netto verliese lei in ʼn bedryf wat toenemend druk ervaar omdat verbruikersbesteding ingekort is.

Sipho Pityana, van Besigheidseenheid Suid-Afrika, en Sandile Zungu, hoof van die Swart Besigheidsraad, het mekaar gepak oor korrupsie, staatskaping en noue bande met pres. Cyril Ramaphosa. Pityana het gesê SEB is ʼn blote dekmantel vir korrupsie.

Sakeliga meen ʼn ondersoek na die beleid se meriete en koste is lank reeds broodnodig. Die organisasie het ook gewaarsku dat ondernemings nie die verhaal moet volg dat SEB-beleide net sleg uitgevoer is nie.

Suid-Afrika het ook ʼn kommissie van hooggeplaaste ANC-lede na Venezuela gestuur. Sakeliga meen hulle sal ʼn polities en ekonomies afgetakelde staat vind. ʼn Eerlike ondersoek sal ook nie gevaarlike sosialistiese beleidstellings kan miskyk nie.

Du Plessis neem die kwessies verder onder die loep. Luister boaan hierdie berig na dié week se ontleding van sakenuus in 3 sake, 3 minute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

Ingryping deur die VSA het net een gevolg vir die inwoners van ‘n land – chaos. Voorbeelde is onder meer Irak, Afghanistan, Libie, Egipte, Sirie en Ukraine.
Amerika is net daarop uit om Venezuela se olie en goud vir hulself in te palm,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.