Luister in 3 minute: Navorsingsgroep meen SA stuur af op ‘mislukte staat’

bedelaar-armoede

Argieffoto.

In hierdie week se 3 Minute, 3 Sake bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, ʼn navorsingsgroep se vooruitskatting dat Suid-Afrika afstuur op ʼn mislukte staat indien ekonomiese beleid nie verander nie.

Van Onselen bespreek ook die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se groen lig vir bykomende kragopwekkingskapasiteit en die DA wat eis dat alle Covid-19-afsonderingsmaatreëls afgelas moet word.

Nersa het sewe maande lank oor ʼn vorige ministeriële bepaling oor kragopwekking besin. Intussen het Suid-Afrika oor die afgelope paar maande weer erge beurtkrag beleef.

Die bepaling stel die aard van nuwe voorsiening vas. Wind- en sonkrag speel ʼn beduidende rol, maar die groot kwessie is noodkrag. Luidens sommige berigte sal 2 000 MW se noodkragvoorsiening eers in einde 2021 op die vroegste gekoppel word.

“Ander opsies, soos Turkse kragopwekkingskepe is blykbaar van die baan. Die vraag is egter, gaan hierdie bepaling die elektrisiteitmark verbeter?

“Om die mark te verbeter moet aankopers anders as Eskom in die prentjie kan tree. Anders sal die Eskom-monopolie moeilik uitgedaag word. En dit, meen ons, is wat eintlik nodig is,” sê Van Onselen.

ʼn Onlangse verslag deur die navorsingsgroep Eunomix het opslae gemaak. Eunomix se vooruitskatting sien SA as mislukte staat oor tien jaar, indien ekonomiese beleid nie verander nie.

Eunomix reken die ekonomie is nie-volhoubaar saamgestel. Daar is ʼn te groot klem op staatsindiensneming en staatsbesteding en dit moet verander.

“Soos ons dit sien het dele van die staat reeds in sekere opsigte misluk. Groot dele van openbare onderwys is ten gronde en verskeie plaaslike regerings het reeds inmekaargesak.

“Die oplossing? Eunomix meen dat spesiale ekonomiese gebiede (SEG) aangewend moet word,” verduidelik Van Onselen.

Sakeliga meen nog altyd die oplossing is inderdaad meer markvryheid. SEG’s is een plan wat kan help, maar tans word oorkoepelende bedrywighede in bestaande SEG’s burokraties voorgeskryf.

“Vir SEG’s om die beste te werk moet entrepreneurs werklik vry wees om self die aard van bedrywighede te bepaal.”

Laastens, die DA het vandeesweek ʼn beroep gedoen dat meeste van die Covid-19-inperkingsmaatreëls dadelik en ten volle gestaak moet word.

“Dit is in die lig van sprake van ʼn beweging na vlak 1 van die ramptoestandregulasies.

“Hoewel die DA reken wel dat beperkinge op groot byeenkomste moet bly, vereis die party groter vryheid en selfbestuur van meeste gesondheidsrisiko’s,” sê Van Onselen.

Die DA meen die aandklokreël moet opgehef word. Verder moet alle bedrywe van die ekonomie en skole ten volle hervat word en internasionale reise moet weer toegelaat word.

“Op vlak 1 kan ons egter steeds enige tyd weer onder die ANC se Covid-regime vasgetrek word. Daarom, om vryhede ten volle te herstel, moet die ramptoestand ten volle opgehef word.

“Die pandemie het duidelik gemaak hoe maklik lewens deur politieke oordeel ingeperk kan word en ʼn skrikwekkende tyd vir sake- en burgerregte besorg.”

Van Onselen voeg by dat dit Suid-Afrikaners laat met talle moeilike vrae oor politieke mag: Is die “remme” en “teenwigte” op politici se mag genoegsaam? Daaroor kan ons wonder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Amper lagwekkend om te dink daar was mense wat dit níe verwag het nie…. dit is die eintlike gevaar wat mens mee sit. En dat die totale ineenstorting eers oor tien jaar verwag word plaas ‘n rekord op die Afrika kaart in sover die tyd vir die land om in ‘n totale “sh*thole” te verander na oorname deur die meerderheid. Dit sal dan 36 jaar wees van mags oorname, die langste wat dit nog ‘n Afrika land geneem het om homself te verwoes.
Mens wonder hoekom……

Vrijburger ·

Toevallig na ‘n gesprek op RSG geluister tussen Dawie Roodt en Dr Roelof Botha. Botha was baie baie kwaad dat iemand net kan oorweeg dat SA moontlik afstuur op ‘n mislukte staat, hoe durf iemand so negatief wees. Dit was nogal baie ammusant.

Fritz ·

Jy spreek n waar woord as jy sê die opposisie is nutteloos. Net so nutteloos soos daai spul skoolseuns wat met die ANC onderhandel het. Lyk my die wittes het nou maar eenmaal net nie enige politieke talent nie.

Johann ·

Dit is duidelik dat soos jy sê die “wittes” geen talent het vir politiek nie. Ordentlike politiek is nie vir ordentlike mense nie. Dit wil darem lyk of die Suid Afrikaanse politiek dat sal reg kry om ordentlikheid uit die “wittes” te verwyder voor absoluut alles verwoes is.

Adam Adriaan ·

Dit was sedert 1994 duidelik dat die pad wat die A NC loop,’n doodloopstraat is. Dit is ook so nou daar kan nie eers omgedraai word nie. Die Afrika scenario is van die begin af duidelik. Die is die werks en leefwyse van Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.