Luister in 3 minute: Nog ʼn staatsrede, Eskom en ʼn nuwe dataspektrum

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

In vandeesweek se aflewering van 3 minute, 3 sake bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, vanjaar se staatsrede, Eskom en ʼn nuwe spektrum vir data.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week sy derde staatsrede gelewer. Hy het ʼn gewag gemaak oor beelde van ʼn splinternuwe, moderne stad en sneltreine wat Suid-Afrika deurkruis.

Sakeliga se mening is dat daar egter steeds een ding aan die president se plan ontbreek en dit is die plan self.

Beleide soos swart ekonomiese bemagtiging, moeilike arbeidswette en ʼn toewyding aan inmenging in die algemeen staan steeds vas.

Ramaphosa se administrasie sal konkrete planne moet aankondig om iets soos die Chinese regering se omvattende markgerigte hervormings na te boots.

Luidens ʼn berig in die Rapport oor die naweek, is ingrypende aanbevelings om Eskom reg te ruk summier voor die staatsrede deur die kabinet gefnuik.

Die taakspan se planne om Eskom reg te ruk stamp klaarblyklik kop met faksies binne die ANC wat werkverliese wil beperk en gekant is teen die privatisering of selfs net private aankope van elektrisiteit. Gevolglik bly die planne vir die herstrukturering van Eskom nou afgewater en kwessies by die kragvoorsiener bly ʼn groot gemors.

Verder het Ramaphosa aangekondig dat ʼn beleidsvoorstel oor die lisensiëring van radiospektrum binnekort bekendgestel sal word. Hierdie voorstel sal die pryse van data in die land beïnvloed.

Verskeie kenners meen die regering se gesloer met die lisensiëring van nuwe spektrum dra tot hoë datapryse by. Voornemende toetreders tot die mark wag blykbaar al 14 jaar vir nuwe spektrum.

Dit lyk of die regering verkies om aan die dataspektrum vas te hou en wanneer dit wel spektrum toeken, kom dit saam met allerhande ondoeltreffende duur toutjies.

Die nuwe spektrumtoedeling, sou dit die lig sien, gaan ook heel waarskynlik aan lisensievoorwaardes gekoppel word, wat iets soos SEB-bepalings sal insluit.

Sakeliga sal dié beleidstuk ontleed sodra dit bekend word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vince ·

All talk but no action (or plan)….just another typical politician, bending down for the Chinese to rape the country!!

Adri ·

Die tyd het aangebreek om belasting so stadig en so min as moontlik te betaal. 5% van ons betaal 95% van alle belasting. Ek dink die regering moet alle persoonlike belasting afskaf en btw verhoog. Tolgelde en brandstofheffings kan verhoog word wat sal meebring dat jy belasting sal betaal indien jy koop of van die staat se dienste gebruik maak. Verhoog btw tot 20% sodat die persoon wat wil koop of ry of eet die belasting betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.