Luister in 3 minute: Onteiening, waterregte en die toedeling van dataspektrum

plaas-verwoes-01

Foto: Verskaf.

Die parlementêre proses rondom onteiening sonder vergoeding duur voort. Die parlementêre komitee oor art. 25 van die Grondwet sal klaarblyklik wetgewing in Desember voorstel om die Grondwet te wysig. ʼn Openbare kommentaarproses sal in Februarie 2020 begin. Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, praat oor die voorstelle en die uitwerking wat dié wysiging moontlik op die ekonomie kan hê.

Verder praat hy ook oor ʼn geding rondom waterregte en die regulering vanuit die regering.

Laastens kyk Van Onselen na die toedeling van lisensies van radiofrekwensies, wat deur nuwe reëls onder Okasa gereguleer gaan word. Sakeliga meen dat die ingeboude swart ekonomiese bemagtingsreëls wat by die regulasies ingebou gaan word die plaaslike ekonomie ook skade kan berokken.

Luister na die volledige uiteensetting in die jongste 3 Minute, 3 Sake bo-aan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.