Luister in 3 minute: Ramaphosa beoog ‘goedkoper’ sake in SA

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

In die jongste 3 Minute, 3 Sake kyk Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, na Eskom wat onlangs die howe genader het vir bystand teen Nersa se tariefbesluite; strenger regstelaksie-wette wat beoog word, en pres. Cyril Ramaphosa se onlangse uitsprake oor sake wat vir klein en groot ondernemings makliker gemaak moet word.

Eskom het onlangs die howe genader vir verligting vir ʼn tariefbesluit van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, of Nersa. Eskom beweer dat Nersa gefouteer het deur ʼn vorige reddingsboei van R23 miljard af te reken teen Eskom se opbrengste op sy bates. Die uiteinde van die saak is dat Eskom hewiger verhogings as wat deur Nersa goedgekeur is, op betalende kragverbruikers wil plaas.

Dan is daar ook sprake dat Eskom tariefstrukture wil aanpas deur hoër vaste kragverbindingskostes op gewone verbruikers te hef. Dit, meen ontleders, sal diegene wat reeds na sonkrag oorgeskakel het, benadeel.

Van Onselen bespreek ook verder die jongste verwikkelinge rakende regstellende aksie. Die kommissie vir diensbillikheid beplan om voor die einde van Oktober wetgewing ter tafel te lê om die wet op billike indiensneming verder te versterk. Dit volg op die onsuksesvolle hofaansoek deur Solidariteit om die manier waarop regstellende aksie toegepas word te verander. Solidariteit beoog om teen dié ongunstige uitspraak te appelleer.

“Die uiteinde van die wysigings blyk ten doel te hê om transformasie, soos die ANC-regering dit sien, strenger af te dwing. Die gevolg kan voldoeningsertifikate en sektorteikens vir regstellende aksie insluit. Hierdie bepalings gaan natuurlik regeringsinmenging verskerp en rompslomp vir sakeondernemings verhoog. Sakeliga sal daarop kommentaar lewer,” het Van Onselen gesê.

Hy werp ook die kollig op die opmerkings van Ramaphosa op Financial Times se 2019-beraad.  Ramaphosa het weer eens versoeke gerig vir beleggings in Suid-Afrika en ʼn wil uitgespreek om sake hier makliker te maak.

“Ramaphosa wil ook die lewenskoste in Suid-Afrika goedkoper maak. Hy noem spesifiek elektrisiteit, vervoer, datakoste, gesondheidsorg en opvoeding, waar hy meen ingegryp moet word. Bedrywe waaroor die regering reeds meestal sy ysterhand van hewige regulering hou. Daar is goeie en skadelike maniere om pryse te verlaag. Prysbeheervoorstelle word reeds aan die mediese mark gekoppel. Prysregulering was geensins ʼn sukses by Eskom nie.

“So behoort ons te wonder watter benadering tot pryse gevolg sal word. Markgerigte ekonomiese hervormings kan ʼn groot verskil maak op hierdie gebiede, tog moet ons wonder of markte of politiek sal seëvier,” het Van Onselen gesê.

  • Luister na Van Onselen se volledige uiteensetting van hierdie week se belangrikste sakekwessies bo-aan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johanna Botha ·

Ag vader al die planne maak mens al skoon moeg …intussen geen krag vandag ! Al die planne loop uit op n gemors of gebeur gladnie !

JP ·

Mnr Ramaphosa, jy moet eers die krag aanhou voor mens sake kan doen!

Jerry ·

Diegene wie kan moet die meeste van hulle sakebelange na die buiteland skuif!

Stan ·

Hy weet nie wat hy doen nie!
My raad aan hom is koop ‘n kaartjie Amerika toe en gaan leer by Trump hoe dit gedoen word. Daar is nie plek vir prokureurs, dominees en career politicians in ons land nie. Ons het planmakers nodig soos ingeneurs, ekonomiste. Trump het in 1964 ‘n graad in ekonomie verwerf.
Skaf ook BEE af want dit maak swartes aremer as wat hy sal dink.

JohanR ·

Krag het nou net hier in my Kaapstad woonbuurt afgegaan. Gaan Ramaphosa nou vir 10 jaar, een keer ‘n week vir ons “smile”, en soe bietjie bla bla bla by gooi?

joe ·

JOKER ….as die ou praat en sooooo erenstig probeer lyk dan lag ek net LOL hahahaha…

koos ·

Die Buiteland luister wel.
Kyk wat het die Duke en sy andereen tesame met die Queen nou die anderdag vir sommiges geskenk. Dis om van siek te word.

magdalkverkeerdwees ·

Ek mag dalk verkeerd wees? Die president glimlag lekker …. want hy gaan gebruik maak van sy “reddingsboei” – George Soros? Hulle het al ontmoet en ek wonder waaroor hulle gesels het?

Rita ·

Mnr Ramaphosa, gee asseblief aan elke persoon wat ‘n werk het in Suid-Afrika het, van die Skoonmaker tot die Bestuurder van die onderneming, die opdrag om die werk as ‘n voorreg te sien en sy/haar werk na die beste van sy/haar vermoe te doen. Sodra die dienslewering verbeter, sal die ekonomie groei, want as mens goeie diens by ‘n plek kry sal jy ander mense aanmoedig om die winkel/maatskappy te ondersteun.

humor ·

Lyk my nie die mense is eintlik opgewonde hier oor nie. Daar moet seker n geldige rede wees.

AB ·

Hierdie sot sê wat mense wil hoor en doen dan die teenoorgestelde! Onthou, hy is die puppet van die britse geldmag! Hy voer hulle opdragte uit!

Ellisras ·

Te min heeltemal te laat. Ek het my besigheid toe gemaak. Met al die arbeid wetgewing. UIF en duisende reëls ens. Het ek meer tyd aan admin bestee en was daar nie tyd om besigheid te doen nie.

Anni ·

En hoe gaan hy dit regkry,????? Elektrisiteit. Vervoer, Datakoste, Gesondheidsorg, en Opvoeding???? Vyf goeters op een slag??? Ja right!!!!

Jaap ·

#Iamstaying – man het dan sulke mooi planne vir ons.
Gaan great wees 1 van die dae.

ChrisE ·

Droom voort Cyril. Oms gaan nog die land onder jul gatte uit drink. Maak planne bou lugkastel. Wie gaan die plumbing kom doen en die kastele verf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.