Luister in 3 minute: Sakevertroue, beurtkrag en Eskom in die hof

Foto: MBM/Unsplash.com

Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, neem drie sakekwessies onder die loep wat die afgelope week opslae gemaak het.

In hierdie week se 3 sake, 3 minute bespreek Van Onselen die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) se sakevertroue-indeks wat op ʼn nuwe laagtepunt sedert 2017 is.

Dié BEO meen die ANC sal ʼn beduidende beleidsverandering moet maak om sakevertroue om te swaai.

In nog ʼn verdere terugslag vir sakevertroue en ekonomiese groei was Eskom genoop om sedert die afgelope naweek fase 4-beurtkrag in te stel. Sakeliga is bekommerd oor die gebrek aan enige veerkragtigheid in die kragvoorsiener se stelsel en meen die mark moet nou dringend vir private oplossings en private kragvoorsiening oopgestel word.

Van Onselen bly by nuus oor Eskom in ʼn saak waarin die Gautengse hooggeregshof in Resilient Properties se guns beslis het dat Eskom nie by magte is om munisipaliteite se elektrisiteit af te sny weens wanbetaling nie.

Prof. Jannie Rossouw, ekonomiese ontleder, meen die uitspraak in dié betrokke hofsaak sal inwoners en ander munisipaliteite duisende rande aan regskostes in soortgelyke sake spaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.