Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, bespreek in vandeesweek se aflewering van 3 Minute, 3 Sake die staking by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).
Hy werp ook die kollig op die swak handelstoestand in die derde kwartaal en verduidelik wat Sakeliga wil doen om die hande van eiendomspraktisyns te versterk in die lig van die nuwe wet wat pres. Cyril Ramaphosa onderteken het. Dié wet wat sterk op swart ekonomiese bemagtiging fokus, is egter nog nie in werking gestel nie.
Luister na Van Onselen se volledige uiteensetting in die jongste 3 Minute, 3 Sake bo-aan hierdie berig.