Luister in 3 minute: Stryd oor onteiening woed voort

Argieffoto (Foto: goumbik/Pixabay)

In vandeesweek se 3 Minute, 3 Sake kyk Gerhard van Onselen van Sakeliga na onteiening en eise vir mediese nalatigheid wat die hoogte ingeskiet het.

Die geleentheid om geskrewe kommentaar op die grondwetlike wysigingswetsontwerp op grondonteiening sonder vergoeding in te handig, eindig Vrydag 31 Januarie. Sakeliga meen die beoogde wysigings raak private eiendomsreg ingrypend.

“Dit ondermyn nie net die ekonomie nie, maar ook die burgerlike samelewing en gemeenskappe om as teenwigte teen staatsmag en moontlike vergrype op te tree. Ons organisasie kan maar net beklemtoon hoe belangrik dit is om op die wetsontwerp kommentaar te lewer,” sê Van Onselen.

Hy kyk ook na die ANC se planne om die howe te omseil en die besluit oor die soort vergoeding by die presidensie van Suid-Afrika te laat berus.

Die provinsiale gesondheidsdepartemente het sowat R105 miljard opsy gesit het vir eise met betrekking tot mediese nalatigheid. “Dit is ʼn groot styging in vergelyking met vorige jare. Sakeliga meen die persone wat Nasionale Gesondheidversekering voorstaan sal die vrae moet beantwoord oor die styging in eise, en bedrae wat hiervoor begroot word.”

  • Luister na Van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, se volledige uiteensetting van dié sakekwessies in die podsending bo-aan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.