Luister in 3 minute: Vrae oor Ebrahim Patel en koolstofbelasting

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling. (Foto: ANA)

In hierdie week se 3 sake, 3 minute word die nuwe kabinet bespreek en vrae gevra oor Ebrahim Patel, wat die nuwe minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling is.

Daniel du Plessis, regsontleder by Sakeliga, neem die sakekwessies onder die loep en vra of Suid-Afrikaners nou uiteindelik beter beleid sal sien na pres. Cyril Ramaphosa se aanstellings in die nuwe kabinet.

Du Plessis bespreek ook die nuwe koolstofbelasting wat hierdie week inwerking getree het. Hy meen die belasting is ʼn hou teen mynbou, staal en elektrisiteit en die netto uitwerking daarvan is verhoogde belastingdruk op verbruikers terwyl dit meer geld in die staat se koffers beteken.

Luister na die bespreking boaan hierdie berig waar die drie sake verder bespreek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Hoeveel Carbon Tax moet ek betaal as ek 31 ou kar tyres per maand brand om warm te bly en dan die staaldraad scrapyard toe vat ?
.
.

Schalk ·

Die regering en politici is besig om alle vorms van belasting te implementer. Daar gaan ‘n stille rewolusie plaasvind en die omdraai gaan kom.

JAN ·

Wat kry mens as jy plastiek en ander toksiese afval verbrand.?

Watter ander manier is moontlik om van alle vorms van besoedeling te vernietig ?

Behalwe verbranding i s daar niks andes nie. Of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.