Luister in 3 minute: Waarskuwingnota, Eskom en OBK in die nuus

Pres. Cyril Ramaphosa en Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, by die algemene vergadering van die VN in 2018. Foto: Dirco

Drie van die sakekwessies wat die afgelope sewe dae opslae gemaak het, is waarskuwings uit die buiteland, ontwerpfoute by Eskom en bedankings by die raad van die Openbare Beleggingskorporasie.

Die podsending begin met die waarskuwingnotas wat vyf lande aan pres. Cyril Ramaphosa gerig het. Sakeliga meen alhoewel die VSA, Brittanje, Nederland, Duitsland en Switserland dalk nie die nodige diplomatieke protokol gevolg het met die memorandum nie, is die substansie daarvan belangrik. Kommer veral vanuit lande soos die VSA en Brittanje kan nie misgekyk word nie.

Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, neem dié drie kwessies verder onder die loep in hierdie week se opname van 3 sake, 3 minute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.