Wysiginge aan wet op diensbillikheid, toerisme onder die loep

toerisme

Argieffoto.

Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek in vandeesweek se 3 Minute, 3 Sake die nuwe wysiging van die wet op diensbillikheid en die stryd wat die toerismebedryf tans voer.

ʼn Nuwe wysiging van die Wet op Diensbillikheid, oftewel die wet waarop regstellende aksie berus, is tans gepubliseer vir openbare kommentaar.

Die wysigingswet beoog om regstellende aksie strenger toe te pas.

Onder meer word nuwe sektor-teikens en sertifikate van voldoening vir sake met die staat in die vooruitsig gestel. Dit verbreed ook die minister se magte aansienlik.

Die publiek het tot die 19 Februarie om kommentaar te lewer.

Sakeliga is van mening dat hierdie wetsontwerp ʼn skadelike tendens van verskerpte toepassing van rassewetgewing bevestig. Vrae oor die ekonomiese koste word ook nêrens na behore deur amptenare ondersoek nie.

Tot dusver was aangewese werkgewers gebonde aan dinge soos byvoorbeeld diensbillikheidsplanne. Die wysiging bemagtig egter die minister om afdwingbare teikens vir bedrywe te stel.

Ondernemings wat nie ʼn sertifikaat van voldoening bekom nie kan regstreeks van sake met die staat uitgeskakel word.

So word wetgewing oor regstellende aksie (RA) met swart ekonomiese bemagtingwetgewing saamgesnoer.

Volgende, Statistieke Suid-Afrika het onlangs aangedui tot watter mate toerisme in 2020 geknou is.

Byvoorbeeld, in November 2020 het slegs sowat 101 000 (oornag) toeriste die land besoek – vergeleke met sowat 850 000 toeriste in November 2019.

Nie net is toerisme deur minder besoeke gekelder nie, maar beperkings soos die drankverbod het ook die inkomste van sodanige ondernemings gekelder. Die impak spoel oor na die hele ekonomie.

Die ekonoom Mike Schüssler en Phumlani Majozi skryf dat 1 uit 12 werke (ʼn geskatte 1,4 miljoen) in gedrang is weens ʼn volgehoue vlak 3-inperkings.

ʼn Erger impak word verwag in provinsies soos die Wes-Kaap en Noord-Kaap wat meer afhanklik is van toerisme. Wanneer afhanklikes en naasbestaandes van broodwinners in ag geneem word, word die impak selfs nog groter.

Die Wes-Kaapse regering versoek nou dat die drankverbod opgehef moet word.

Die realiteit is egter dat sulke ondernemings nie produksie gedurig kan staak en hervat nie. Sou die onredelike beperkings voortduur mag ondernemings groener weivelde soek.

Aanpassings by sulke regulatoriese risiko’s plaas werk, belegging en die bruto binnelandse produk (BBP) op die spel.

Laastens, Sakeliga het Donderdag kapsie gemaak teen die nuwe verligtingsfonds vir toerisme.

Hierdie nuwe fonds beoog blykbaar dat verligting slegs aan ondernemings in swart besit toegeken word. Dit, meen Sakeliga, is onredelik veral gegewe dat belasting gebruik sal word.

Dat die staat selfs in krisistyd sakelui probeer dwing om hul sakebesluite op grond van rasseklassifikasie te neem, is moreel en ekonomies onaanvaarbaar. Dit raak ondernemings, verskaffers en werkers, wit en swart.

meen Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, ná die bekendstelling van die fonds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris ·

Hier kom ‘n ding. Die wildebedryf is nog nie reguleer nie. Slegs die ho ho holifante mag op dae wat in dag eindig langs die pad staan. Leeus kan net Dinsdae en Donderdae jag. Indien ‘n ooi gevang word is dit GBV. Zebras is die enigste diere wat mag loop en wei waar hulle wil. Hul BBBEEE status en intigrasie is reg. Die buffels mag nie in troppe van meer as 50 loop nie. Vlakvarke mag nie gate grawe alvorens daar nie eers ‘n studie van die grond en wieding gemaak is nie. Enige roofdier, moet hul voornemens aan hul prooi verduidelik. Krokodille mag nie diere vang wat kom drink nie. Hulle moet wag totdat hulle klaar gesuip het. Hyienas mag nie meer lag vir diere wat gevang word nie. Nie PK nie. Aasvogels mag ook nie meer bo prooi sirkel nie, onwettige advertensie en bemarking. Daar is seker nog regulasies wat kom. Slaan my met ‘n nat paling.

Eend Bessinger ·

Die regering noem die wittes rassisties, maar as ‘n mens na party van hul besluite kyk, is hulle meer rassisties as die meeste wittes.

Pierre ·

Dis nou genoeg nê. Ek gaan van nou af eers vra watter besighede BEE is. Indien hulle is – vat ek my geldjies êrens anders. Moet die meerderheid nogsteeds beskerm word van die minderheid? Kon julle anc in 27 jaar nog niks doen sonder die hulp van die blankes nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.