Luister: Is daar werklik iets soos ‘organiese’ velsorgprodukte?

Argieffoto. (Foto: RF. Studio/Pexels)

Kan sekere velsorgprodukte werklik as “organies” bestempel word of het dié term net nog ʼn modewoord geword om oningeligte verbruikers te flous?

Maroela Media het die hulp van Felicia Keus, ʼn dosent in somatologie aan die Isa Carstens-skoonheidsakademie, ingeroep om dié en talle ander velsorgvrae vanuit ʼn wetenskaplike perspektief te beantwoord.

In die laaste episode verduidelik sy wat die vereistes is waaraan voldoen moet word voor iets as organies bestempel kan word en hoekom “natuurlike” nie noodwendig altyd beter is nie.

  • Luister hier na die eerste episode waarin sy meer oor ingewikkelde velsorgroetines gesels.
  • Luister hier na die tweede episode waarin sy verduidelik wat die werklike doel van teenverouderingsprodukte en -prosedure is en hoe vroeg dit ingespan moet word.
  • Luister hier na die derde episode waarin sy verduidelik waarom gesigserums nie noodwendig vogroom kan vervang nie.
  • Luister hier na die vierde episode waarin sy verduidelik waarom dit vir elke vrou byna taboe behoort te wees om te gaan slaap sonder om haar grimering te verwyder.
  • Luister hier na die vyfde episode waarin daar ʼn bietjie op die manne se velsorgroetine gefokus word. Moet mans ook ʼn goeie velsorgroetine volg?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.