
Foto: aecom.com
Jaco Versfeld, Johan du Toit, die voormalige afrigter van die Pumas en die Valke, en Francois de Kock, die direkteur van rugby by Hoërskool Eldoraigne, is in die ateljee.
Franco Smith, die Springbokke se agterlyn- en aanvalsafrigter, sluit aan om te gesels oor die toets teen Argentinië. Die afrigter van die Sharks, Robert du Preez, en die assistent-afrigter van die WP, Vlok Cilliers, is ook gaste. Die program word oudergewoonte afgesluit saam met die voormalige internasionale skeidsregter, André Watson.
Luister elke Donderdag om 19:05 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!, vir die jongste sportnuus.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Daar is n groot probleem net party skole kry munt daaruit vanwee die groot beurse wat hulle gee maak skool geld verniet en jy speel in die area waar jy bly as jy trek net om vir daai skool te gaan speel mag jy vir n tydperk nie vir hulle speel nie ek is bevrees dat skole se aansien n erg knougaan kry