Luister: Koop jy binnekort vir die eerste keer huis?

“The Property Buying Process in South Africa” het uit Francois Janse van Rensburg se pen gevloei as deel van sy doelwit om die proses aan eerste kopers te verduidelik. (Foto: Maroela Media)

Om ʼn huis te koop kan veral vir ʼn eerste-keer-koper ʼn ingewikkelde en intimiderende proses wees. Die proses kan selfs so frustrerend wees dat dit sommer net ʼn reuse-beslommernis word.

Francois Janse van Rensburg het na 15 jaar die korporatiewe wêreld verruil om hom op beleggings in die eiendomsmark te begin toespits. Hy weet watter soort vreugde en vryheid sy verhuringsportefeulje vir hom besorg het.

Dit is waarom hy besluit het om kopers te help om hulle eerste aankope in die eiendomsmark makliker te maak.

The Property Buying Process in South Africa het uit Janse van Rensburg se pen gevloei as deel van sy doelwit om die proses aan eerste kopers te verduidelik.

Die hele proses om jou eerste eiendom aan te koop is stap vir stap op ʼn verstaanbare en logiese wyse uiteengesit in die boek sodat huiskopers wat die mark wil betree, weet wat om te verwag.

Janse Van Rensburg gaan oor die volgende vier weke met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor dié proses en sommer ook ʼn paar wenke gee oor hoe om die aankoop van jou eerste huis so maklik as moontlik te doen.

In hierdie week as aflewering verduidelik hy waarom hy dink dit is steeds die moeite werd om huis te koop in vandag se plaaslike politieke en ekonomiese klimaat.

Luister ook na die podsending bo-aan hierdie berig om meer uit te vind oor die verskillende regspersone waaronder jy ʼn eiendom kan besit en waarvoor jy moet spaar as jy jou eerste eiendom aanskaf.

  • The Property Buying Process in South Africa is deur Lavender Moon Publishing uitgegee. Die boek kan ook direk by Lavender Moon bestel word deur ʼn e-pos aan Stella Opperman by [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Herpiet

Ek sal baie graag wil sien wat met eiendom waardes gaan gebeur wanneer hulle artikel 25 wetsontwerp gaan deurvoer. Dalk is ek verkeerd