Luister: kykNET Buite Ekspo maak binnekort sy binnelandse draai

Argieffoto: (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Die kykNET buite Ekspo maak binnekort sy binnelandse draai by die Sondela-natuurreservaat naby Bela-Bela (Warmbad), en beloof vanjaar om weer uitmuntende uitstallings te bied van die nuutste kampeertoerusting, woonwaens én 4×4-produkte wat tans op die mark beskikbaar is.

Dié unieke ekspo vind van 28 tot 30 Julie plaas en is jaarliks ʼn hoogtepunt op elke buitelewe-liefhebber se kalender.

Marius Opperman, organiseerder van die kykNET Buite Ekspo, het met Maroela Media kom gesels oor die ekspo se hoogtepunte, sowel as opwindende nuwe toevoegings tot die reeds propvol program waarna besoekers kan uitsien.

“Oudergewoonte sal daar ook ʼn snuffelmark, puik vermaak, heerlike verversings en pretparke vir die kleingoed beskikbaar wees, sowel as die kans om ʼn klomp bekende kykNET-gesigte te sien. Ons sê altyd ons doen nie ons werk as besoekers nie die hele dag besig gehou kan word nie.”

Puik plaaslike kunstenaars, onder andere Pieter Smith, Fatman, Soné Joubert, Droom Sindroom, Dewald Dippenaar, Jennifer Zamudio, Arno Jordaan, Pieter Koen, Jakkie Louw en Charne Grabie gaan danksy Hankook Tyres vermaak tydens dié buitelig ekspo verskaf.

Opperman gee ook raak vir buitelug-liefhebbers wat hul kampeerreis wil begin, maar nie weet waar om met hul aankope te begin nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.