Luister: Maak keramiede deel van jou velsorg dié winter

Anneke Megit van die Isa Carstens-skoonheidsakademie. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Keramiede blyk die jongste gonswoord in die skoonheidswêreld te wees, maar wat presies is hierdie sogenaamde “wonderbestanddeel” en wie moet dit gebruik?

Hierdie natuurlike lipiede speel ‘n kritieke rol in die handhawing en herstel van ‘n gesonde beskermingslaag vir jou vel, maar bied ook voordele vir alles van teenveroudering tot bevogtiging.

Anneke Megit van die Isa Carstens-skoonheidsakademie in Pretoria het in die Maroela Media-ateljee kom kuier en verduidelik hoe en in watter formaat keramiede die beste aangewend moet word, en hoekom jy dit dalk ʼn kern velsorgbestanddeel hierdie winter gaan wil maak.

Luister na die volledige onderhoud boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.