Luister: Maak sonskerm deel van jou daaglikse roetine

Argieffoto. (Foto: Pixabay.com)

Goeie velsorg is ʼn belangrike aspek van ʼn mens se daaglikse roetine, aangesien die vel die grootste orgaan van die liggaam is.

Maroela Media het by dr. Vanessa Lapiner, ʼn dermatoloog en eienaar van die TASH360-velsorgsentrum in Seepunt en stigter van die Root4-velsorgreeks, aangeklop vir ʼn omvattende en insiggewende reeks oor velsorg.

In dié insetsel gesels sy oor sonskerm en hoe belangrik dit is om dit by jou daaglikse velsorgroetine in te sluit. Ons het ook meer uitgevind oor die verskille tussen die onderskeie sonbeskermingsfaktore en sy gee raad oor sonskerms wat nie ʼn groot duik in die bankbalans sal maak nie.

Dr. Vanessa Lapiner, dermatoloog en stigter van TASH360 en Root4. (Foto: Facebook)

  • Luister boaan die berig na die volledige insetsel.
  • Luister volgende week na Lapiner se raad oor ekseem.
  • Volg vir Lapiner op Facebook en Instagram. Besoek TASH360 se webwerf hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leesbril ·

As dit nie R150 n bottel was wat net n week gehou het nie dan sou almal seker daagliks gesmeer het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.