[Luister] Nuwe Bokafrigter aan die woord

SuperRugby9.jpg

Foto: superxv.com

Hennie Koortzen en Wynie Strydom gesels onder andere met Allister Coetzee, die nuwe Springbokafrigter, oor goed soos spansamestelling, oefenkampe en die toetse teen Ierland.

Franco Smith, die Cheetahs se afrigter, kuier saam en gesels oor die afgelope Superrugbytoer. André Watson, voormalige internasionale skeidsregter, bespreek weer ʼn aspek oor rugbyreëls.

In sy rubriek Springbokbarometer gee Kobus Wiese sy mening oor Superrugby.

Luister elke Donderdag om 19:05 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.