Het jy al ooit gewonder of jy nog te jonk is om botoksbehandelings te kry en of tuisbehandelings vir jou vel werklik die moeite werd is? Dalk wonder jy ook wat die regte behandelings vir jou vel is en of daardie maandelikse gesigbehandeling by die salon regtig noodsaaklik is.
Maroela Media het by dr. Vanessa Lapiner, ʼn dermatoloog en eienaar van die TASH360-velsorgsentrum in Seepunt en stigter van die Root4-velsorgreeks, aangeklop vir ʼn omvattende en insiggewende reeks oor velsorg.
In dié laaste insetsel in Maroela Media se velsorgreeks beantwoord sy talle vrae oor velsorgbehandelings en gee sy raad oor die beste manier om dié behandelings te benader.