Luister: Opwindende buitelugskou in die hartjie van Pretoria

Die Tiger Wheel & Tyre SA 4×4 and Outdoor Show is om die draai en keer vanjaar terug na die Voortrekkermonument in die hartjie van Pretoria.

Avontuurlustiges kan tussen 2 en 4 September hier byeenkom vir talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste kampeertoerusting, woonwaens en 4×4-produkte op die mark beskikbaar het.

Alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik deur die koper gebruik sal word en daar is vet pret om die hele gesin besig te hou.

Marius Opperman, organiseerder van dié geleentheid, het met Maroela Media gesels oor die propvol program én hoogtepunte waarna besoekers van dié skou kan uitsien.

Kaartjies is aanlyn by Ticketpro beskikbaar. Besoek www.4x4outdoorshow.co.za vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.