Luister: Pandemie is ’n oproep tot ’n gesonder leefstyl vir almal

Eric Edmeades het aanlyn met Maroela Media gesels oor gesondheid en die bestryding van die Covid-19-virus. (Foto: Maroela Media.)

Eric Edmeades, ʼn entrepreneur, skrywer en motiveringspreker met ʼn passie vir gesondheid, glo die Covid-19-pandemie is ʼn wekroep vir elkeen van ons om weer te kyk na ons gesondheid en wat ons verhouding met kos is.

Hy was een van die mense wat op die kruin van die pandemie hom sterk op Twitter uitgespreek het omdat hy voel die klem om Covid-19 te bekamp val nie op die regte plek nie.

Edmeades meen steeds daar word glad nie genoeg gepraat oor die waarde van goeie voeding en gesonde eetgewoontes in die stryd teen dié virus nie.

Maroela Media het met Edmeades gesels om uit te vind wat sy benadering tot gesondheid en gesonde eetgewoontes is. Hy het wenke gegee oor hoe om jou verhouding met kos vandag nog te verander en ʼn gesonder lewe te begin lei.

  • Luister na die volledige onderhoud bo-aan hierdie berig.
  • Volg Eric Edmeades op Facebook, Twitter en Instagram of besoek sy webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eend Bessinger ·

Dis waar: ons huidige dieet veroorsaak baie skade aan ons liggame. Dis tyd om terug na die dieet van die Paradys (vrugte en groente met vleis een of twee keer ‘n jaar) te keer. Daar is baie waarde in vrugte, groente, kruie en speserye. En vleis op ‘n gereelde basis is nie gesond nie. Vis is beter vir proteïen-inname.

Hendrik ·

Stem saam met jou maar ongelukkig hou ons liggaam nou nie vir ewig nie, al eet jy ook hoe gesond en doen oefening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.