Luister: Praktiese wenke om ʼn ongesonde spysverteringstelsel te herstel

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Silvia Rita/Pixabay)

Sommige mediese kenners verwys na die spysverteringstelsel as die liggaam se “tweede brein” vanweë die sleutelrol wat dit fisiek vir ons liggame, asook ons geestesgesondheid én vel speel.

Dr. Vanessa Lapiner, ʼn dermatoloog en eienaar van die TASH360, ʼn holistiese-velsorgsentrum in Seepunt en stigter van die Root4-velsorgreeks, het met Maroela Media gesels oor die regstreekse verband tussen ʼn ongesonde spysverteringstelsel en velprobleme soos aknee en inflammasie.

Hoewel daar nie een pasgemaakte resep is om dit te verbeter nie, deel sy in die tweede deel van dié podsendingreeks egter ʼn paar algemene wenke wat enigiemand vandag kan begin volg om ʼn ongesonde spysverteringstelsel te balanseer en herstel.

Sy verduidelik ook kortliks waarom sy as dermatoloog opgewonde is oor die holistiese benadering wat sy en ander mediese praktisyns wat aan TASH360 verbonde is, volg om pasiënte te help om hul algehele gesondheid van binne af te verbeter.

  • Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.
  • Luister na die eerste episode van dié podsending hier.
  • Volg vir Lapiner op Facebook en Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.