Pale Toe! is opgewonde om aan te kondig dat ons voortaan weekliks Radio Pretoria se rugbyprogram, Rugby-Radio, gaan publiseer.
Hennie Koortzen en Wynie Strydom gesels in hierdie episode met Deon Stegmann, die Blou Bulle-kaptein; Vlok Cilliers, die skopafrigter van die WP; en die skeidsregterbaas André Watson. Heinrich van Jaarsveld vertel ons meer oor skolerugby.
Rugby-Radio kan elke Donderdagaand om 19:15 op Radio Pretoria geluister word.