
Hennie Koortzen
Dit is weer tyd vir Rugby-Radio. Hennie Koortzen en Wynie Strydom gesels rugby.
In die program kuier Neil Powell, afrigter van Suid-Afrika se sewesspan, saam en gesels oor die toernooie in Nieu-Seeland en Australië. Rudolf Straeuli verduidelik die nuwe formaat vir superrugbykompetisie.
Luister elke Donderdag om 19:15 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!