[Luister] Toernooi in Mauritius, Springbokke se laaste toets teen die Hane

Springbokkaptein, Warren Whiteley, en sy vrou, Felicity (Foto: Facebook)

Wynie Strydom is terug en gesels weer saam met Hennie Koortzen. Hy vertel van die tienetoernooi in Mauritius wat hy help reël het. Twee Suid-Afrikaanse spanne, die Cheetahs en die Bulle, het deelgeneem.

Luisteraars sien uit na hierdie naweek se derde en laaste toets teen Frankryk op Ellispark.

Die Ierse en Britse Leeus se eerste toets teen die All-Blacks word voorspel.

Johan Ackerman praat oor die oorwinning van die SA A-span oor die Franse Barbarians en vertel wat voorlê vir die seisoen.

Warren Whiteley, die springbokkaptein, vertel hoe die Springbokke die volgende toets benader.

Eugene Eloff, die afrigter van die Amerikaanse kampioenspan Austin Huns, vertel van sy reis na Amerika.

André Watson gee sy mening oor Ben O’Keeffe wat in Durban die toets hanteer het.

Luister elke Donderdag om 19:05 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae