Luister: Vandag se sportnuus

Foto: (AP Photo/Eugene Hoshiko)

Rugby:

  • Die Springbok-rugbyspan keer vanaf môre in verskillende groepe terug na Suid-Afrika. Die lekker nuus is dat hulle met die William Webb Ellis-trofee deur die land sal toer om hul ondersteuners te bedank. Hulle sal in van Suid-Afrika se grootste stede wees.
  • Hier volg hul toerdatums:

7 November: Pretoria, Johannesburg en Soweto

8 November: Durban

9 November: Oos-Londen

10 November: Port Elizabeth

11 November: Kaapstad

  • Rassie Erasmus en Siya Kolisi is onder die eerstes wat môre in Johannesburg sal aankom.
  • Intussen het die Cheetahs hul tweede agtereenvolgende nederlaag in die Guinness Pro14-reeks gely, toe hulle met 17-13 teen die Scarlets in Llanelli verloor het.

In sopnat toestande het die tuisspan die 29ste wedstryd in 32 probeerslae op hul tuisveld gewen.

Lewis Hamilton waai vir die skare na sy oorwinning in die Mexikaanse Formule Een-Grand Prix. Foto: (AP Photo/Marco Ugarte)

Formule 1:

  • In F1-nuus het die onstuitbare Lewis Hamilton sy sesde wêreldtitel verower toe hy tweede in die VSA Grand Prix geëindig het.

Sy Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, het die wedren gewen.

Met sy sewende wêreldtitel kort die vlieënde Brit nog net een titel om die legendariese Michael Schumacher se sewe wêreldtitels te ewenaar.

Honda se Max Verstappen was gister in die derde plek, met Ferrari se Charles Leclerc vierde.

Krieket:

  • In Delhi het Bangladesj die eerste T20-wedstryd teen Indië met sewe paaltjies gewen. Die tuisspan het 148/6 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken, waarna die besoekers die wedstryd met ’n ses beklink het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Josif ·

Nie eens die inwoners van daai dorpe wil daar wees nie, wat van die bokke. lol.

Louis Steyn ·

Hou De Kuile Agie, (Kuilsrivier Koerantjie) dop op Donderdag 7 November. Pragtige wense vir die Bokke op die voorblad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.