Onder die Bome: Die media

Argieffoto: Pixabay.com

In die voorlaaste episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, praat podsender Daniel du Plessis met Hans Pretorius van die Chairefoon-inisiatief oor die media en hoekom presies dit ʼn deel van filosofie is.

Om ʼn woord te verstaan is dit nodig om voor te begin: Media, soos ons die woord vandag gebruik, kom voor as die meervoud van medium, afgelei van die Latynse medium, oftewel die neutrale vorm van medius – dit wat tussenin lê.

Die medium word dus iets wat ʼn vorm van oordrag impliseer, of dit wat ʼn netwerk tussen twee of meer ruimtes bewerkstellig en sodoende iets heg wat slegs ná bemiddeling as ʼn eenheid kan bestaan.

“In ’n algemene begrip van die media vandag word hierdie ding wat tussen een iets en ’n ander lê, telkens aangebied as dit wat betekenis kan oordra en sodoende die potensiaal het om te verwys na ’n konsep of ’n idee,” aldus Hans aan Daniel.

Maar wat sou dan die verskil tussen die nuusmedia en ander media wees, is Daniel se vraag aan Hans.

“Waar ander media, soos rolprente, aanspraak maak op ’n aparte bestaansruimte, gee die nuusmedia homself voor as ’n voorstelling van die werklikheid self, of liewer dit wat ‘aktueel’ is. Met die uitbreiding van kommunikasienetwerke en die skuif na veral digitale kommunikasietegnologieë, onstaan daar die vermoë om gebeurtenissie van oor die wêreld heen tuis te bring.”

Hierdie episode is met trots geborg deur Akademia. As filosofie, politiek en die ekonomiese sfeer jou fassineer, dan is Akademia se veelsydige graadkwalifikasie in politiek, filosofie en ekonomie die perfekte volgende stap in jou loopbaanreis.  Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting.

As hierdie episode oor die media interessant was om na te luister, sal volgende week se laaste episode, wat handel oor rolprente, jou sonder twyfel fassineer!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hans Richardt ·

Media in SA is oor historiese gebeure van gister of eergister. Die media is ook subjektief, afhangend wie in redaksie sit en wat die redaksionele beleid.
Die media het diè probleem met sosiale media en “crowdfunded” media, is dat informele media dikwels eerstehands berig vanaf toneel, sonder enige subjektiewe redaksionele inset.
Taal en ‘n vak om emosionele intellek te ontwikkel, behoort deel van joernaliste se kwalifikasies te wees.

Lara ·

Die media skep realiteit in die massas se koppe, dis hoekom ons ons eie media moet he, dankie Maroela! Sonder maroela sou ons deur die ander mediamonopolie voorgese wees wat om te ervaar as realiteit. Brei asseblief Maroela groot uit, maak videos, tv reekse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.