Onder die Bome: Geluk, relatiwiteit en waarom jy vreemdelinge moet groet

geluk-gelukkig

Foto: Rawpixel/Pexels.com

Geluk, relatiwiteit, en waarom jy vreemdelinge langs die pad moet groet. Welkom by Onder die Bome.

In die sewende episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, praat podsender Daniel du Plessis met Hercules Boshoff van die Chairefoon-inisiatief oor geluk.

Is daar werklik so iets, is dit volhoubaar, is dit nastreefbaar?

Geluk is die verwesenliking van die goeie. Eerstens het verwesenliking te make met die realisering van potensiaal, die innerlike kragte wat vrye uitdrukking vind. Die vrye uitdrukking, oftewel selfstandigheid, is een aspek van die goeie, en van geluk.

Die geluk het dus ’n strewende kant en ’n passiewe kant. Natuurlik is alle strewe nie gerig tot die goeie nie, en dinge wat ons beïnvloed en ontvang ook nie altyd goed nie.

Maar dis belangrik dat ons strewe en wat ons ontvang aan die goeie gemeet word, indien ons waardebepalings daarvan wil doen. Geluk, in die volle betekenis daarvan, behels beide hierdie aspekte. So kan ons aan die een kant bydra tot ander se geluk, maar hulle moet steeds ook in hulself daarna strewe, en aan die ander kant kan ons individuele geluk nastreef, maar wat teengewerk kan word in maatskaplike verwaarlosing.

Die twee jong denkers hanteer ook die verskil tussen geluk en plesier: Geluk, anders as plesier, het ook die eienskap van duursaamheid. Hierdie duursaamheid vereis ’n waaksaamheid. Waaksaamheid, oftewel “aware” dra die oud-Germaanse stam van ons woord “waar”. Om van die waarheid te verneem, vereis dus hierdie “awareness”, wat gepaard gaan met ’n houding van “bewaring”. Die woord “bewaar” beteken beskerm, maar dit kan ook verwys na verwesenliking, soos om iets te “bewaarheid”

  • Hierdie episode is met trots geborg deur Akademia. As filosofie, politiek en die ekonomiese sfeer jou fassineer, dan is Akademia se veelsydige graadkwalifikasie in politiek, filosofie, en ekonomie, die perfekte volgende stap in jou loopbaanreis. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting. As hierdie episode oor geluk vir jou lekker was om na te luister, dan sal volgende week se episode, wat handel oor kuns, jou nog meer prikkel!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.