Onder die Bome: Geregtigheid, misdaad en tikkie Thomas Hobbes

hofhamer-hof-hofsaak

Foto: Rawpixel/Unsplash.com

In die vyfde episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, vra podsender Daniel du Plessis en Hercules Boshoff van die Chairefoon-inisiatief wat is reg en geregtigheid?

Geregtigheid laat dinge in hul volkomenheid vry, dit laat dinge tereg kom, nie alleen geïsoleerd van mekaar nie, maar ook in verhouding tot mekaar.

Reg is ’n woord wat ook buite die regspleging staanplek gekry het. Mens kan sê “iets is reg”, dit kan objektief reg wees, in dié opsig van toetsbare of waarneembare korrektheid; of mense kan daartoe instem, wanneer ons sê “dit is reg met my” – dus subjektief.

Hercules noem aan Daniel dat geregtigheid meer kompleks is. Ons het hier eerstens te make met “reg” in die formele sin van die begrip, as bepalings wat moet “geld”, wat beteken dat die geregtigheid moet “geskied”. Dit moet konkrete staanplek kry, en kan nie alleen in die “reg” as abstrakte beginsel bly nie. Geregtigheid is daarom iets wat optrede vereis, meermale in gehoorsaamheid tot die reg, en soms daarteen.

Gegewe hierdie definisies wat Hercules aangebied het, vra hy aan Daniel in watter mate geskied reg hier in Suid-Afrika. Dit wil voorkom of ons Grondwet in sy huidige formaat, groot lof toegesing word deur kenners, plaaslik en internasionaal. Daar word voorts gesê dat die howe hulle by die letter van die wet hou. Ongelukkig kan dieselfde nie gesê word van ons politici nie, wat hulle nie by die bepalings van die Wet hou nie, en hul invloed gebruik om uit die moeilikheid uit te bly.

Hierdie episode is met trots geborg deur Akademia. As filosofie, politiek en die ekonomiese sfeer jou fassineer, dan is Akademia se veelsydige graadkwalifikasie in politiek, filosofie, en ekonomie, die perfekte volgende stap in jou loopbaanreis.  Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting.

As hierdie episode oor geregtigheid vir jou lekker was om na te luister, dan sal volgende week se episode, wat handel oor vriendskap, jou nog meer prikkel!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Aangesien prof Danie Strauss aangebied het om ook ‘n bydrae te maak, try hom uit… Hy is nie te sleg nie en hy kan baaaie lang woorde skep as dit ‘n voorwaarde is. Ek sè maar net. Hoekom ontspan julle nie ook ‘n slag nie? Ek doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.