Onder die Bome: Kritiek en ʼn tikkie deur NP van Wyk Louw se beiteltjie!

kritiek-denke-gloeilamp

Foto: Diego PH/Unsplash.com

In verlede week se eerste episode van Onder die Bome, het podsender Daniel du Plessis met Hercules Boshoff van die Chairefoon-inisiatief gepraat oor wysheid – wat dit beteken en uit watter elemente dit bestaan.  In vandag se episode praat dié twee verder oor filosofie, vandag met die spesifieke onderwerp, kritiek.

Daniel en Hercules begin deur die woord kritiek ʼn bietjie uit te pluis en uit verskeie hoeke te analiseer.

Kritiek, in die etimologiese gebruik van die woord en wat dit in die oorspronklike taal sou beteken, is onderskeid. Onderskeid as sodanig is nog nie voldoende nie. Om te kan onderskei, beteken nie om te skei nie, maar juis om die verband tussen dinge duideliker te kan raaksien. Kritiek gee altyd iets weer, nie net van die onderwerp waarteen dit gespreek word nie, maar ook van die een wat die kritiek lewer. Persone wat slegs kritiseer, maak asof hulle losstaan van die werklikheid wat hulle kritiseer.

Kritiek is die ontwarring van ʼn stel waninterpretasies met die doel om daardeur nuwe verbande raak te sien. As kritiek in hierdie lig gesien word, kan dit eintlik baie nuttig wees. Daniel en sy gas ontleed kritiek as woord, verduidelik hoe kritiek positief toegepas kan word, hoe dit gebruik kan word om die gemeenskap te vorm en negatiewe elemente van ʼn groep te verwyder – om dit as’t ware weg te kap.

Kritiek moet kan bepaal wanneer ʼn growwe klip fyner, kleiner of gladder gekap moet word om beter vorm daaraan te gee wanneer ʼn bestaande vorm nie die werklikheid of ideaal reg uitbeeld nie.

Hierdie episode is met trots geborg deur Akademia. As filosofie, politiek en die ekonomiese sfeer jou fassineer, dan is Akademia se veelsydige graadkwalifikasie in politiek, filosofie en ekonomie die perfekte volgende stap in jou loopbaanreis. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting.

As jy hierdie episode van Onder die Bome geniet het, kan jy uitsien na volgende week, wanneer die gesprek vrylik en vrysinnig vry na die woord vryheid!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.