Onder die Bome: Kuns, denke en die idee van die goeie

kuns-kunswerk-verfkwas

Ter illustrasie. Foto:
RhondaK Native Florida Folk Artist/Unsplash.com

In die agtste episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, praat podsender Daniel du Plessis met Hans Pretorius van die Chairefoon-inisiatief oor die kuns, en hoekom dit presies ʼn deel van filosofie is.

ʼn Mens sou sekerlik begin by die hart van die saak: Wat is die essensie van die kunsfenomeen en hoekom wil dit voorkom as iets wat onmisbaar is vir die menslike ervaring en ’n betekenisvolle bestaan? Hoe bied dit vir ons insig en wat is die verband tussen kuns, denke en die idee van die goeie?

Die antwoord lê daarin dat beide kuns en denke die belofte dra om insig te bied in dit wat wesenlik en universeel is. Hans verduidelik aan Daniel dat in die belofte wat kuns tot betekenis bied, ook die idee van die goeie lewe betrek word. Kuns is ʼn uitbeelding van ʼn emosie, gewaarwording of ervaring, en die blote bestaan van die kunswerk, dra dus die rede vir ons eie bestaan teenoor slegs voortbestaan. As mens dan van die indikatief (aantonend) na die imperatief (bevelend) oorskuif, is dit so dat die ideale kunswerk juis dit is wat ons benadering tot die alledaagse of ons in-die-wêreld-wees onherroeplik kan verander deur aktiewe, gerigte handeling te inspireer.

Die twee jong denkers praat dan ook oor die rol van die banale in die kuns. Wanneer iets banaals vergelyk word met die beelde en skilderye van Michelangelo of die musiek van Bach, is dit natuurlik maklik om dit af te lag as belaglik of dekadent.

  • Hierdie episode se inhoud is opgestel deur Dirk Wolhuter en met trots geborg deur Akademia. As filosofie, politiek en die ekonomiese sfeer jou fassineer, dan is Akademia se veelsydige graadkwalifikasie in politiek, filosofie en ekonomie die perfekte volgende stap in jou loopbaanreis. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting. Indien hierdie episode oor kuns vir jou interessant was om na te luister, sal volgende week se episode, wat handel oor die rol van die media, jou net so prikkel!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.