Onder die Bome: Rolprente, ontsnapping en ’n laaste gedagte oor Plato

rolprente-film-kamera

Foto: Samuel Zeller/Unsplash.com

In hierdie tiende en laaste episode van Onder die Bome, die eerste Afrikaansse podsendingreeks oor filosofiese, praat podsender Daniel du Plessis met Hans Pretorius van die Chairefoon-inisiatief oor rolprente, en hoe rolprente ons denke beide weerspieël en impakteer.

Rolprente is soos ʼn storie waarbinne ons is. Ons het ’n ervaring en konkrete geskiedenis daarvan, maar op hierdie stadium geen eenvoudige definisie nie. In hierdie opsig verskil rolprente van ander kunsvorme, wat eintlik heel eenvoudig gedefinieer kan word.

Dit is nie ’n kuns van suiwer beelde nie. Dit is ook nie genoegsaam om te sê dat dit ’n kuns van bewegende beelde is nie, want dit is meer as een bewegende beeld. Dit is ’n komplekse komposisie van verskillende bewegende beelde, of sekwense, gekoppel aan ’n bepaalde logika. Daar is natuurlik nie net die komplekse verhouding tussen sekwense nie, maar ook ’n bepaalde verhouding tot klank, musiek en dialoog en, meer nog, ’n narratief (’n vorm van teater, rolspel, ensovoorts) en uiteindelik die dimensie van redigering wat deur middel van ’n verskeidenheid van skote verskeie vlakke van perspektief met mekaar vervleg, soos Hans dit aan Daniel verduidelik.

Mense wat negatief teenoor rolprente as kunsvorm is, stel dikwels dat dit ons eenvoudig na fantasiewêrelde neem wat dien as ’n ontsnapping van die harde werklikheid (of ons geworpenheid soos die filosoof Heidegger dit sou noem). Terwyl dit vir seker ’n geldige punt kan wees teen ’n groot porsie van rolprente wat vervaardig word of wat ons dikwels vind in TV-sepies en advertensies, is die ontsnappingselement of fantasie nie op sigself altyd ’n slegte ding nie – meen Hans.  Vir die volle weergawe van hierdie gesprek, skakel in op episode 10 van Onder die Bome!

Die inhoud van hierdie episode is opgestel deur Dirk Wolhuter, en hierdie episode is met trots geborg deur Akademia. As filosofie, politiek en die ekonomiese sfeer jou fassineer, dan is Akademia se veelsydige graadkwalifikasie in politiek, filosofie, en ekonomie, die perfekte volgende stap in jou loopbaanreis. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting.

Dankie dat jy saam geluister het na hierdie reeks van Onder die Bome!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.