Onder die Bome: Wat is vriendskap?

vriendskap-kinders

Foto: Unsplash/Pixabay.com

In die sesde episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, praat podsender Daniel du Plessis met Rudi van Rensburg van die Chairefoon-inisiatief oor die vriendskap, vyandskap, en die rol wat hierdie emosies in ons lewens speel.

Die twee jong denkers spring weg met die kernvraag: Wat is vriendskap?

Vriendskap is ‘n besonderse verhouding wat by die mens, en ook in ‘n sekere mate by diere, voorkom.  Rudi en Daniel bespreek vriendskap se dinamika in die diereryk.

Uiteraard is alle vorme van dierlike lewe gebonde aan ‘n maatskaplike dimensie wat binne ‘n bepaalde omgewing ontwikkel en ‘n eiesoortige dinamika opwek wat die maatskaplikheid van die groepe in die gebied karakteriseer. Ons sien, byvoorbeeld, dat die leeu geëvolueer het as ‘n roofdier binne ‘n bepaalde habitat om prooi te jag vir oorlewing. Daar is dus ‘n maatskaplikheid wat die verhouding tussen roofdier en prooi oriënteer.

Maar die geval is ook al opgeneem van ‘n leeuwyfie wat ‘n bababokkie aangeneem en gekoester het. Indien die normale gedragspatroon van die leeu sou wees om die bokkie te vreet, waarom sou hierdie leeu die bokkie aanneem? Waarom het die bokkie nie uit vrees vir die leeu weggehardloop nie? Is hierdie ‘n teken dat vriendskap tussen diere moontlik is? Indien wel, sal dit verskil van die vriendskap tussen mense? Rudi noem aan Daniel dat Aristoteles geglo het daar geen noodsaak vir geregtigheid tussen ware vriende nie, want geregtigheid geskied reeds tussen hulle.

Hierdie episode is met trots geborg deur Akademia. As filosofie, politiek en die ekonomiese sfeer jou fassineer, dan is Akademia se veelsydige graadkwalifikasie in politiek, filosofie en ekonomie, die perfekte volgende stap in jou loopbaanreis. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting. Indien hierdie episode oor vriendskap interessant was om na te luister, sal volgende week se episode wat handel oor geluk, jou nog meer prikkel!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.