Het jy dikwels die behoefte om die wêreld om jou beter te verstaan? Wonder en dink jy soms oor allerlei dinge wat jou omring – onseker hoe om kop of stert daarvan uit te maak? Vir die leergieriges onder ons, is hierdie nuwe, weeklikse podsendingreeks, Onder die Bome, die ideale doepa vir ʼn honger brein!
Onder die Bome handel oor filosofie. Oor die volgende tien weke sal podsender Daniel du Plessis by drie kenners op die gebied meer te wete kom oor die inhoud, toepassing, en ontwikkeling van filosofie. Daniel praat met verskeie gaste oor dinge soos kuns, kennis, en selfs rolprente – hoe dink ons daaroor, en hoe word ons denke daardeur gevorm?
In hierdie episode gesels Hercules Boshoff, van die Chairefoon-inisiatief, met Daniel oor vryheid. Die Chairefoon-inisiatief is ʼn organisasie wat hom beywer vir die bevordering van filosofie in Afrikaans.
Hierdie episode is met trots geborg deur Akademia. As filosofie, politiek en die ekonomiese sfeer jou fassineer, dan is Akademia se veelsydige graadkwalifikasie in politiek, filosofie en ekonomie, die perfekte volgende stap in jou loopbaanreis. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting.
Filosofie is afkomstig van twee Griekse woorde filos, en sofia, wat letterlik beteken “liefde vir wysheid” – en in hierdie episode gaan dit juis om wysheid. Wysheid kan vlugtig, volgens Hercules, gedefinieer word as ware insig. Maar wat dan van die verhouding tussen insig en kennis, of wysheid en kennis? Al hierdie vrae, en meer, word bespreek in hierdie eerste episode van Onder die Bome.
Hou Maroela Media gerus dop vir volgende week se episode wat handel oor kritiek – wat is dit, hoe werk dit, en wat het dit te doen met filosofie?
- Onder die Bome is met trots aan jou gebring deur Podmedia en die Chairefoon-inisiatief, in samewerking met Maroela Media en word deur Akademia moontlik gemaak.
Baie dankie, ek kan nie glo sulke wonderlike gesprekke is beskikbaar op MM nie!
Ga alsjeblieft zo verder!
Uitstekende inisiatief – ek sal graag bydraes lees en desnoods af en toe ‘n bydrae lewer.
Danie
Wees net versigtig… ‘n hele paar Afrikaners kon dit darem maak tot by universiteit… net net. Om met hulle te praat soos graad R’e sal jul vele kommentaar op die hals haal.
Hallo John, ontspan- dit was darem net die inleidende gesprek – meer verwikkelde en gevorderde gesprekke sal definitief volg!