Podlitiek: 2020-Staatsrede onder die loep

Opgestel deur die Podlitiek-span

Foto: Presidensie/Twitter

Verskeie dinge gebeur een keer per jaar, of ʼn mens daarvan hou of nie. Soos Valentynsdag, moet die staatsrede ook een keer per jaar gelewer word, selfs al gebeur dit eers omtrent 80 minute later as wat dit moes.

Die Podlitiek-span het die staatsrede met ’n valkoog dopgehou, en lewer pittige kommentaar op president Cyril Ramaphosa se planne – of tekort aan planne – vir die komende jaar, asook die groot bohaai wat met die EFF se uitstappery gepaard gegaan het.

Die rooies se leier, Julius Malema, het die kinderagtigheid van sy party se politieke benadering versinnebeeld deur pres. Ramaphosa konstant in die rede te val: eers in sy versoek dat oudpres. FW de Klerk die lokaal moet verlaat, nadat laasgenoemde onlangs gestel het dat apartheid nie vergelyk kan word met volksmoord nie. En later het die radikale rooies ook gevra dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die lokaal moet verlaat en afgedank moet word.

Podlitiek kam so bietjie deur die Staatsrede, met verwysing na die nuwe beplande universiteit vir die Oos-Rand, asook die nuwe planne rakende handel in daggaprodukte en onafhanklike kragvoorsiening aan munisipaliteite. Die meeste van hul gesprek handel egter nie oor die Staatsrede as sodanig nie, maar die ware toestand van die Suid-Afrikaanse staat, en die lig wat onlangse gebeure daarop skyn.

Kry ’n kraakvars opinie, met Podlitiek se kenmerkende humor en draakstekery, in hierdie spesiale episode.

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.