Podlitiek: 30 jaar ná FW praat, Maimane en Steen­huisen vir mekaar kwaad

Opgestel deur die Podlitiek-span

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

Met die koronavirus wat die internasionale, en toenemend die nasionale nuusmedia oorheers, oorweeg Podlitiek die stories wat moontlik nie heel bo aan die nuusradar is nie.

Hulle kyk vandeesweek na Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, wat vir John Steenhuisen, waarnemende DA-leier, as “Judas” beskryf het, asook hoe FW de Klerk se bekende toespraak van 2 Februarie 1990 onthou word dertig jaar later. Hulle gesels oor die ondersoek na Neil Aggett se dood vier dekades gelede, en hoe jongmense met ons land se geskiedenis moet omgaan.

Met Ernst, Daniël, en Paul agter die mikrofone, begin Podlitiek met die openbare bekgeveg wat tans tussen die voormalige en huidige leiers van die DA geskied. Steenhuisen het hom uitgespreek oor Maimane se optrede as leier, veral omdat hy nie streng genoeg teenoor die ANC uitgesproke was nie. Hierop het Maimane teruggekap en gestel dat “Judas” Steenhuisen sy mond van hom moet afhou. Met Mmusi in die politieke wildernis bespiegel Podlitiek oor sy optrede, en vlugtig sy toekoms.

Vir die volgende storie swaai Podlitiek die soeklig terug na dekades gelede in die politiek, ʼn tyd voordat enige een van hulle gebore was. Eerstens is oudpresident FW de Klerk se toespraak van 2 Februarie 1990 aan die beurt. In hierdie toespraak is drie vername dinge gesê – ten eerste is die ANC, PAC, en SACP ontban, tweedens is die doodstraf afgeskaf, en derdens is die vyf jaar lange noodtoestand tot ʼn einde gebring. Hierdie toespraak het die weg gebaan vir die vrylating van oudpresident Nelson Mandela op 11 Februarie 1990, maar ten spyte van die verreikende gevolge daarvan, wonder baie Suid-Afrikaners vandag of dit die regte optrede was aan die kant van De Klerk.

ʼn Derde plaaslike storie wat onder die loep geneem word, is die ondersoek na die dood van Neil Aggett, ʼn anti-apartheidsaktivis, in 1982. Tydens die aanvanklike nadoodse ondersoeke is getoon dat Aggett selfmoord gepleeg het, maar tydens die ondersoek wat tans aan die gang is, blyk dit dat die omstandighede van Aggett se dood nie ten volle bekend was nie. Podlitiek gesels hoe Suid-Afrikaners met ons geskiedenis omgaan, veral oor die verlede.

Tydens hul internasionale segment loer die paneel na die Wuhan-koronavirus – ʼn virus wat reeds die lewe van honderde in China geëis het.

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rina

My vraag is, was dit so ‘n briljante besluit van Mnr de Klerk? Kyk, in watter chaos is SA? My volgende vraag is, hoekom moet almal altyd die skuld op die verlede plaas? Daar was mos nou 25 jaar tyd om self iets te doen? My generasie (amal wat vanaf 1970’s, 1980’s) ly eintlik die meeste daaronder. Buiten regstellende aksie, en ons kinders waaroor ons nou wonder waar hul toekoms lê, is ons regtig moeg vir die swak politike leiers asook goeie waardes en standaarde wat skielik glad nie meer van toepassing is nie!!! Die wêreld was teen aparartheid, nou… Lees meer »

Michiel

30 jaar later. Ons is oorgelewerd aan die genade van die ANC, kan niks opeis, niks afdwing. Ramaphosa skaterlag lekker in sy mou. Intussen werk ons ongewillig mee aan ons eie ondergang: belasting betaal

Die beloofde Selfbeskkingsplan van 1994 was net gebakte lug. Ook vandag is daar geen plan, geen volkseie grondwet, geen voorstelle mbt volkseie ekonomiese ontwikkeling, ‘n Volkseie grondgebied al is dit ‘n teedoek soos Swaziland. Waar..? Niemand weet.

Emigrasie na Panama is lykmy die enige opsie.