Podlitiek: Aborsiedebat in VSA, Steenhuisen tussen Oekraïense vlae

Opgestel deur die Podlitiek-span

Betogers voor die Amerikaanse hooggeregshof in Washington, D.C. (Foto: Jim WATSON/AFP)

Podlitiek vervaardig nou al vir bykans vier jaar ʼn weeklikse podsending oor die week se nuusgebeure en politieke gesprekpunte.

Hulle is vandeesweek terug met ʼn gesprek oor die aborsiedebat in Amerika, die jongste verwikkelinge rakende die Zondo-kommissie en DA-leier John Steenhuisen se besoek aan die oorloggeteisterde Oekraïne.

Die uitlek van ʼn voorlopige uitspraak deur die Amerikaanse hooggeregshof wat aandui dat die veelbesproke Roe vs. Wade-uitspraak van 1973 moontlik hersien gaan word, het die hele wêreld aan die gons. Argumente aan albei kante, veral die meer behoudende kant wat nie in alle omstandighede ten gunste van aborsie is nie, word weer luidkeels geopper. In die middel van hierdie rumoer probeer die Podlitiek-paneel om eers die belangrike feite te stel, waarna hulle die kwessie in diepte bespreek. Gegewe dat Suid-Afrika geneig is om kultureel stroomaf van die VSA te wees, is hierdie segment die luister werd!

Met die Zondo-kommissie wat ʼn lys name voorstel van mense wat hy meen in hegtenis geneem behoort te word, vra die Podlitiek-span ook dié week, soos wat sekerlik dikwels oor die volgende maande gevra gaan word, waar is die ANC op pad heen? As pres. Cyril Ramaphosa beskou word as onbevoeg om korrupsie uit die weg te ruim en misdadigers in sy eie party te laat vervolg, kan hy dalk sy party se kiesers verloor. Daarenteen sou die vervolging van sy kamerade dalk vir hom vyande in sy party besorg … troebel waters om te navigeer!

Luister gerus hoe Podlitiek hierdie en ander stories #ontnonsens.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jean ·

My body, my choice… maar het die man geen sê nie? En indien nee, dan moet die man mos kan besluit om nie onderhoud te betaal as hy nie die kind wou hê nie.

Windhond ·

As hy nie die kind wou gehad het nie, -dan moes hy nie daai blommetjie gewater het nie, ek as Christen stem ten volle saam dat dit n afskuwelike tendens is wat in die verlede begin momentum optel het agv elkeen het regte, maar nie die ongebore fetus nie

miche ·

Goeie redenasie Jean. Maar gelukkig ( of hopelik)
het meeste Pa’s iets soos ‘n gewete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.