Podlitiek: Amerika kies, Vishoek vervies, Afrikaans in die nuus

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie week se Podlitiek-episode gesels Frederik van Dyk, Paul Maritz en Reiner Duvenage oor die stories op hulle nuus-radars.

Eerste aan die beurt is die onlangse gebeure by Fish Hoek High School, en watter lesse daaruit geleer kan word.

Die tweede storie is die toenemende druk op Afrikaans, veral gesien vanuit die hoek van die vrystelling van die Khampepe-verslag rakende die Universiteit Stellenbosch.

Derdens oorweeg die span die stand van sake in die VSA in die lig van die middeltermynverkiesing waarvan die uitslae tans nog inkom.

Luister Podlitiek vir hierdie, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk en Reiner Duvenage.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Goldy ·

Universiteite het nou n punt bereik waar hulle irrelevant raak want hulle sit mense deur agv verlaagde standaarde, so hulle kwalifikasies beteken al minder. Hulle is heeltemal te duur, want hulle groei nie met die tegnologie nie. Mense kan nou aanlyn leer by top internasionale instansies teen n fraksie van die prys van voltydse studie. Deesdae gaan dit oor wat mense kan doen, nie meer watse papiere hulle het nie. Die privaatsektor hou ook gladnie van die kommunistiese aard van universiteite nie, dis immers tog die privaatsektor wat die ekonomie aan die gang hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.