Podlitiek: ANC maak beleid, Mkhwebane verwyt, VSA stel uit

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die geskorste Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Die Podlitiek-paneel bring hierdie week weer ʼn bietjie hitte teen die koue winter met pittige analise en ʼn klein bietjie spot oor ʼn paar groot nuusstories.

Die eerste segment handel oor die proses wat tans aan die gang is om die bevoegdheid van adv. Busisiwe Mkhwebane se geskiktheid te toets om in die amp van Openbare Beskermer te dien. Die paneel bekla die land se lot dat so ʼn belangrike posisie skynbaar so ver van sy eertydse glorie geval het.

ʼn Volgende storie, wat direk daarby aanhaak, is die ANC se pas afgelope beleidskonferensie. Die ANC se topdenkers kom voor elke groot konferensie byeen en stel beleidsrigtings voor wat die party, en noodwendig die land, se rigting in die vyf jaar na afloop daarvan sal rig. Die kommerwekkende agtergeblewendheid van die idees wat op hierdie kongres se tafel was, laat die paneel wonder oor die toekoms van die ANC.

ʼn Derde storie begin by die VSA se poging om die definisie van ʼn resessie te verander, maar kom uiteindelik uit by die idee dat definisies sommer maar net verander kan word om ideologiese posisie te pas. Waar eindig hierdie tendens as ons eers daarmee begin?

Luister Podlitiek vir hierdie, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.