Podlitiek: Beëindig die aandklokreël; partye deur EFF verveel

Opgestel deur die Podlitiek-span

‘n Polisiebeampte staan by sy voertuig tydens ‘n patrollie om die aandklokreël af te dwing. (Foto: Wikus de Wet/AFP)

Dié week se episode van Podlitiek skop af met ʼn bespreking oor AfriForum se veldtog en beoogde litigasie teen die minister van samewerkende regering en tradisionele sake oor die aandklokreël.

AfriForum voer aan dat die redes om die aandklokreël steeds te handhaaf maar skraps is en dat die besluit om dit dus te laat geld onredelik, irrasioneel en arbitrêr is. ʼn Mens mag dalk wonder hoekom AfriForum juis nou hierdie litigasie beplan, en Daniël verskaf ʼn pragmatiese antwoord oor hoe litigasie met betrekking tot openbare belang suksesvol aangepak word.

Die gesprek draai volgende na die verskeie onderhandelings in Suid-Afrika se munisipaliteite waar koalisieregerings en ooreenkomste tussen politieke partye gesluit moet word voor 23 November 2021. Dit is interessant om te sien hoe die EFF breedvoerig verwerp word as koalisievennoot terwyl verskeie ander partye soos die IVP, PA en Good vinnig saam met die ANC in die bed spring wanneer daar mag op die spel is.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adriaan ·

Julle bedoel die minister van onsamehangende regering en irrasionele sake?

FranWilder ·

Hulle sal dit nie nou lig nie. Kersfees is om die draai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.