Podlitiek: Beelde, beleide en beloftes

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die Paul Kruger-standbeeld in Kerkplein (Foto: Verskaf)

Die pas afgelope week het die bekendstelling van verskeie politieke partye se verkiesingsmanifeste en -beloftes gesien, met partye wat momentum wil begin bou met die oog op die komende munisipale verkiesing.

Dit het natuurlik nie sonder die nodige drama afgeloop nie, en hierdie week loer Daniël en Paul oudergewoonte na hierdie en ander relevante stories.

Die eerste storie is oor die Paul Kruger-standbeeld. Die EFF het opnuut ’n beroep gedoen vir die verwydering van die standbeeld, en die Podlitiek-span bespreek die belangrikheid van geskiedenis, sowel as die ANC, DA en EFF se benadering daartoe.

Volgende aan die beurt is die hofuitspraak rakende Unisa, wat ook verlede week bespreek is, en Paul fokus op die hofuitspraak, en waar dit dalk ruimte gelaat het vir ander histories Afrikaanse universiteite se taalbeleide om hersien te word. Veral artikel 29(2) van die Grondwet se interpretasie deur die hoogste hof van appèl is van groot belang.

Laastens bespreek die span die inhoud van verskillende partye se verkiesingsbeloftes, met veral die EFF en DA wat met groot opgewondenheid hul veldtogte afgeskop het.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.